Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 1 uur 10 min.

Sous

125 ml (½ k) stroopsuiker (treacle sugar)

’n knippie sout

60 g botter

160 ml (? k) room

Poeding

175 g ontpitte pruimedante, gekap

5 ml (1 t) koeksoda

175 g meel

5 ml (1 t) bakpoeier

’n knippie sout

2,5 ml (½ t) fyn naeltjies

5 ml (1 t) gemmer

2,5 ml (½ t) kaneel

60 g botter

150 g suiker

2 eiers

3 stukke gemmer in stroop, gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Sous: Plaas al die sousbestanddele in ’n pot en laat prut terwyl jy roer tot die suiker oplos.
  2. Verlaag dadelik die hitte terwyl jy aanhoudend roer tot die mengsel verdik. Giet die helfte van die sous in ’n gesmeerde bakpan.
  3. Poeding: Plaas die pruimedante in ’n pot saam met 250 ml (½ k) water en bring tot kookpunt.
  4. Roer die koeksoda in. Laat afkoel.
  5. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Roer die speserye in.
  6. Klits die botter en suiker tot vaal.
  7. Klits die eiers in tot gemeng, dan die meelmengsel en die pruimedante. Vou die gemmer in. Giet die koekbeslag oor die sous en bak 50 min. tot ’n steekpen skoon uitkom. Giet die oorblywende sous oor die poeding.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander