LEWER 12

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

125 g botter

180 ml (1/3 k) strooisuiker

2 eiers

1 suurlemoen, skil gerasper

100 g korente

310 ml (1¼ k) meel, gesif

5 ml (1 t) bakpoeier, gesif

45 ml (3 e) melk

Versiersuiker, vir bestuif

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 12-holte-muffinpan.

  1. Klits die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers een vir een in en klits goed ná elke byvoeging. Roer die suurlemoenskil in.
  2. Roer die korente in en vou die meel en bakpoeier saam met die melk by die mengsel in.
  3. Skep die koekmengsel in die pan en bak 20 min. of tot goudkleurig. Laat 5 min. in die pan afkoel en plaas op ’n draadrak.
  4. Bestuif die koekies met versiersuiker en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan