Dis die Portugese nonne wat die Brasiliane die geheime van poedings met ’n vlabasis geleer het.

LEWER 6 tertjies

Bereiding: 15 min.

Baktyd: 30 min.

strooisuiker vir sprinkel

4 eiers

4 eiergele

450 g versiersuiker

100 g klapper

klapper vir bo-oor sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 6 ramekins en sprinkel die strooisuiker daarin.

  1. Klits die eiers en eiergele tot glad. Klits die versiersuiker in en voeg die klapper by.
  2. Giet in die bereide ramekins. Plaas die ramekins in ’n oondpan gevul met kookwater en bak sowat 30 min. tot gaar en gestol. Sprinkel die klapper oor en plaas terug in die oond tot die klapper net verbruin.
  3. Laat heeltemal afkoel. Sit voor met roomys indien verkies.