1. Voer ’n 23 x 35cm oondpan uit met tinfoelie.
  2. Gebruik 2 pakkies (200 g elk) Tennisbeskuitjies en rangskik ’n enkellaag onderin ’n pan.
  3. Meng 1 x 385 g-blik kondensmelk, 500 ml (2 k) klapper en 125 g gesmelte botter. Smeer oor die beskuitjies. Rangskik nog ’n laag Tennisbeskuitjies bo-op.
  4. Verhit 125 ml (½ k) room, roer 250 ml (1 k) witsjokoladesplinters by en smelt. Koel effens af. Smeer oor die Tennisbeskuitjies.
  5. Laat stol. Sny in blokkies.