Sandy Pilz van Roodepoort het hierdie resep met ons gedeel.

Lewer 12-14 kolwyntjies

Bereiding: 12 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

KOLWYNTJIES

400 g suiker

200 g margarien

3 eiers

400 g koekmeel

knippie sout

7 ml (1½ t) bakpoeier

250 ml (1 k) klapper

250 ml (1 k) melk

VERSIERSEL

geroosterde klapper

strooisuiker

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Plaas papierbakkies in die holtes van ’n muffinpan.

  1. KOLWYNTJIES Room die suiker en margarien tot lig en romerig.
  2. Klits die eiers by.
  3. Sif die droë bestanddele oor en vou in saam met die klapper en melk.
  4. Skep in die papierbakkies en bak sowat 25 minute of tot gaar.
  5. Keer uit op ’n draadrakkie om af te koel.
  6. VERSIERSEL Meng die geroosterde klapper en suiker en sprinkel oor die kolwyntjies.

WENK

Versier die kolwyntjies met karamelversiersel:

  • Kook 250 ml (1 k) room en 125 ml (½ k) bruinsuiker 10 minute saam tot effens gekaramelliseer.
  • Verkoel 3 uur en klop styf.
  • Smeer oor die kolwyntjies en sprinkle geroosterde klapper oor.