Lewer 6

Bereiding: 10 min.

Verkoel: 30 min.

Gaarmaak: 20 min.

400 g broskorsdeeg

180 ml (¾ k) suurlemoensmeer

125 ml (½ k) droë klapper

200 g vars bessies vir voorsit

versiersuiker, vir bestuif

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer tertjiepanne.

  1. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en sny ’n grootte uit wat effens groter as die tertjiepanne is. Voer die panne met die deeg uit. Verkoel 30 min. in die koelkas. Haal uit die koelkas en blindbak 20 min. of tot goudbruin. Laat afkoel.
  2. Plaas die suurlemoensmeer in ’n middelslag-mengbak en klits die klapper in.
  3. Skep die suurlemoensmeermengsel in die deegdoppies en bedek met vars vrugte. Bestuif met versiersuiker.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Muller