GENOEG VIR 6

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

150 g botter

150 g sjokolade

250 ml (1 k) suiker

3 eiers

80 ml (1/3 k) meel

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n klein, diep reghoekige bakskottel.

  1. Smelt die botter en sjokolade in ’n mikrogolfbestande bak in die mikrogolf 30 sekondes terwyl jy gereeld roer.
  2. Laat die gesmelte sjokolade en botter effens afkoel en roer dan die oorblywende bestanddele in. Skraap die mengsel in ’n bakskottel uit en bak 20 min. in die oond.
  3. Laat ’n paar minute afkoel en sit dan met roomys voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander