Lewer 24 kolwyntjies

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

375 ml (1½ k) meel

250 ml (1 k) strooisuiker

80 ml (? k) kakaopoeier

5 ml (1 t) koeksoda

’n knippie sout

250 ml (1 k) water

125 ml (½ k) olie

5 ml (1 t) vanieljegeursel

15 ml (1 e) asyn

VERSIERSEL

250 g roomkaas

100 g botter

250 ml (1 k) versiersuiker

5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n kolwyntjiepan uit.

  1. Meng al die droë bestanddele in ’n bak. Meng al die nat bestanddele in ’n ander bak. Meng die nat en die droë mengsel om ’n beslag te vorm.
  2. Vul elke kolwyntjieholte sowat twee derdes met beslag. Bak sowat 20 min. in voorverhitte oond of tot ’n tandestokkie skoon uitkom wanneer dit in die middel van ’n kolwyntjie gedruk word.
  3. Haal die pan uit die oond en laat 5 min. afkoel. Pak die kolwyntjies op ’n draadrak en laat heeltemal afkoel.
  4. Versiersel Klits die roomkaas en botter saam in ’n bak tot glad. Sif die versiersuiker oor en klits tot goed gemeng. Roer die vanieljegeursel in en smeer die versiersel met die agterkant van ’n lepel oor die kolwyntjies.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers