GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Vriestyd: 2 uur

KRUMMELBOLAAG

375 ml (1½ k) koekmeel

125 ml (½ k) suiker

5 ml (1 t) gerasperde suurlemoenskil

5 ml (1 t) fyn kaneel

125 g koue botter, gerasper

250 ml (1 k) gekapte okkerneute

VULSEL

1 blik (425 g) ontpitte swart

kersies in stroop

45 ml (3 e) brandewyn

30 ml (2 e) suiker

180 ml (¾ k) room

100 g donkersjokolade, in blokkies gebreek

knippie sout

15 ml (1 e) botter

  1. BOLAAG Meng die meel, suiker, skil en kaneel saam.
  2. Voeg die botter by en vryf met jou vingerpunte in tot die mengsel soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die neute by en hou eenkant.
  3. VULSEL Dreineer die kersies en hou 45 ml (3 e) van die stroop eenkant.
  4. Kook die stroop, brandewyn en suiker 5 minute saam. Voeg die kersies by en laat afkoel.
  5. Kook die room met die helfte af. Voeg die sjokolade, sout en botter by en roer tot gesmelt.
  6. Voeg die kersiemengsel by, verdeel in 4 oondvaste bakkies en plaas 2 uur in die vrieskas tot stewig.
  7. Verhit die oond tot 200 °C.
  8. Sprinkel die krummelmengsel oor die sjokolademengsel en bak sowat 10 minute tot die krummelmengsel mooi bruin is.
  9. Sit warm voor.