Dié resep kom van Etresia van Zyl van Kakamas.

Lewer sowat 52 stukke

Bereidingstyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute

Uitdroogtyd: oornag

1 kg bruismeel

10 ml (2 t) bakpoeier

10 ml (2 t) sout

500 g margarien

1 blik (385 g) kondensmelk

125 ml (½ k) bruinsuiker

500 ml (2 k) karringmelk 100 g pekanneute, gekap 100 g rooi glanskersies Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n oondbak met margarien of spuit met kossproei.

  1. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam. Vryf die margarine by die meelmengsel in.
  2. Meng die kondensmelk, suiker en karringmelk.
  3. Voeg die droë en nat bestanddele bymekaar en meng deur met ’n houtlepel.
  4. Meng die neute en kersies by en druk vas in beskuitpanne.
  5. Bak 50 minute tot goudbruin of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom.
  6. Keer uit op ’n draadrak, laat afkoel, sny in stukke en droog oornag uit in die oond.