Lewer 1 ronde brood

Bereiding: 10 min.

Baktyd: 1 uur

500 g koekmeel

5 ml (1 t) sout

25 ml (5 t) bakpoeier

15 ml (1 e) gemengde

vars kruie (soos pietersielie, tiemie, roosmaryn, basilie of dille), gekap

2 eiers, geklits

375 ml (1½ k) karringmelk

30 ml (2 e) olie

bossie vars kruie vir bo-op plaas (opsioneel)

kruie vir bo-oor strooi

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n ronde bak van 23 cm.

  1. Sif die meel, sout en bakpoeier saam en voeg die gekapte kruie by.
  2. Klits die eiers, karringmelk en olie saam en voeg by die meelmengsel. Roer goed tot ’n sagte deeg vorm.
  3. Skep die mengsel in die voorbereide bak, plaas die bossie vars kruie bo-op indien verkies en bak 1 uur tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.
  4. Strooi nog ’n paar vars kruie oor en sit voor saam met botter en kaas.