As jy ’n sjokolis is, kan jy dit in sjokolade doop vir ’n smelt in jou mond lekkerte.

Lewer 25

Gaarmaak: 15 min.

Bereiding: 10 min.

1 eier

80 ml (? k) strooisuiker

125 ml (½ k) melk

500 ml (2 k) meel, gesif

2 ml (½ t) bakpoeier

olie vir diepbraai

kaneelsuiker vir bedek

  1. Klits die eier en strooisuiker tot vaal. Giet die melk in en klits tot gemeng.
  2. Voeg die meel en bakpoeier geleidelik by.
  3. Verhit olie oor matige hitte tot warm. Voeg lepels vol van die beslag in sarsies by die warm olie en braai 3 minute of tot goudkleurig.
  4. Skep met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op papierhanddoek. Terwyl die oliebolle nog warm is, rol dit in kaneelsuiker om te bedek.