Lewer 1 middelslag-brood

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

DEEG

500 g bruismeel

5 ml (1 t) sout

1 bottel (340 ml) pilsener-bier

VULSEL

1 pak (100 g) amandels, grof gekap

1 pak (100 g) pekanneute, grof gekap

100 g bosbessies en/of sagte appelkose

10 ml (2 t) fyn kaneel

80 ml (1/3 k) heuning

200 g botter

125 ml (½ k) bruinsuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan.

  1. DEEG Meng die bruismeel en sout met net genoeg bier om ’n stywerige deeg te vorm.
  2. Rol die deeg in ’n reghoek uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
  3. VULSEL Meng die vulselbestanddele, maar hou 50 g van die botter en al die suiker eenkant.
  4. Smeer die mengsel egalig oor die deeg. Rol op in ’n lang rol, sny die rol in skywe van 5 cm dik en pak dit met die oop kant na bo in die pan.
  5. Klop die suiker en orige botter tot romerig. Stip die rolletjies met die bottermengel. Bak sowat 40 minute tot gaar.
  6. Sit warm voor met roomkaas indien verkies.