Dis heerlik net so, maar glasuur dit met ’n vinnige suikerstroop as jy dit soeter wil hê of sit dit voor met botter as jy dit verkies.

Genoeg vir 4-6 mense

Rys: 1½ uur

Bereiding: 20 min.

Bak: 40 min.

60 ml (¼ k) warm water

10 ml (2 t) droë gis

80 ml (? k) melk

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

60 g botter, gesmelt

700 ml meel

60 ml (¼ k) suiker

2 ml (½ t) sout

2 eiers

VULSEL

200 ml bruinsuiker

10 ml (2 t) kaneel

’n knippie sout

50 g botter, gesmelt

3 groen appels, in blokkies gesny

  1. Smeer ’n broodpan van 23 x 13 x 7 cm.
  2. Meng die warm water en gis in ’n bakkie. Roer die melk, vanielje-ekstrak en gesmelte botter in ’n ander bak tot gemeng. Sit eenkant.
  3. Meng die meel, suiker en sout ’n groot bak. Roer die gismengsel in en voeg dan die eiers by. Voeg die bottermengsel geleidelik in ’n dun stroom by om ’n sagte maar ferm deeg te vorm. As die deeg te pap is, voeg ’n eetlepel op ’n slag ekstra meel by tot die deeg sy vorm behou. Bedek en sit 1 uur eenkant op ’n warm plek.
  4. Vulsel: Meng intussen die bruinsuiker, kaneel en sout in ’n bakkie.
  5. Keer die gerysde deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en rol in ’n vierkant van 60 cm. Verf met die gesmelte botter. Bestrooi die hele oppervlak met die kaneelsuikermengsel.
  6. Sny die deeg in ewe groot stroke, sowat 10 x 60 cm. Bestrooi ’n strook met 60 ml (¼ k) gekapte appels. Lê nog ’n strook bo-op neer en strooi nog appel oor. Herhaal tot al die stroke op mekaar gestapel is.
  7. Sny die opgestapelde stroke in 6 ewe groot hopies of vierkante. Rangskik die vierkante vertikaal in die voorbereide broodpan. Bedek met ’n kombuishanddoek en sit 30 minute eenkant om te rys.
  8. Voorverhit die oond tot 180°C.
  9. Bak die brood op die middelste rak van die oond 40 minute of tot goudbruin en gaar (’n steekpen moet skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word). As die brood te vinnig bo-op bruin word voor dit in die middel gaar is, bedek liggies met foelie vir die oorblywende baktyd.

Deur: Hope Malau

Foto: David Briers