Lewer 12

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 20 minute

2 eiers, geklits

250 ml (1 k) maas

125 ml (½ k) olie

15 ml (1 e) pietersielie, gekap

5 ml (1 t) knoffel-grasuie

500 ml (2 k) meel, gesif

15 ml (1 e) bakpoeier

sout en peper na smaak

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

125 ml (½ k) camembertkaas, in blokkies gesny

125 ml (½ k) parmesaankaas, gerasper

1.    Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die eiers met die maas, olie, pietersielie en grasuie.

2.    Meng die meel, bakpoeier, sout en peper en cheddar in ’n bak. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng liggies tot net gemeng. Wees versigtig om dit nie te veel te meng nie.

3.    Vul gesmeerde muffinpanne halfpad met die mengsel. Plaas ’n blokkie camembert in die middel van elke muffin. Bedek dit met die oorblywende muffinmengsel sodat die camembert bedek is. Bestrooi die bokant van die muffins met die parmesaankaas.

4.    Bak 20 minute in die oond of tot goudbruin.

- Hope Malau

Foto: David Briers