Lewer sowat 6-8 klein muffins

Bereidingstyd: 2-3 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

250 ml (1 k) koekmeel

knippie sout

7 ml (1½ t) bakpoeier

2 ml (½ t) mosterdpoeier

250 ml (1 k) sterk cheddarkaas, gerasper

handvol gekapte spinasie

250 ml (1 k) melk

geroomde maaskaas

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Voer ’n muffinpan uit met papierkoppies.

  1. Meng al die bestanddele behalwe die melk en roomkaas. Maak ’n holte in die middel en voeg die melk by.
  2. Roer tot dit net gemeng is. Skep in papierkoppies en bak 15-20 minute tot gaar of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom.
  3. Sit voor saam met die geroomde maaskaas.