LEWER 18 KOLWYNTJIES

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

BESLAG

200 g bruismeel

250 ml (1 k) strooisuiker

140 ml kakao

15 ml (1 e) bakpoeier

200 ml karringmelk

45 ml (3 e) Frangelicolikeur

60 ml (¼ k) olie

50 g botter

2 ekstragroot eiers

100 g sjokoladeskyfies of -brokkies

200 g geroomde maaskaas

50 g haselneute, gekap

Versiersel

160 ml (²/³ k) sjokoladesmeer (Nutella)

80 ml (¹/³ k) haselneute, gekap (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 190 °C. Plaas papierbakkies in die holtes van diep muffinpannetjies en bespuit met

kossproei.

  1. BESLAG Sif die meel, ²/³ van die suiker, kakao en bakpoeier saam in ’n groot bak.
  2. Klits die karringmelk, likeur, olie, botter en 1 eier saam in ’n ander bak.
  3. Vou die droë bestanddele hierby in.
  4. Roer die sjokoladestukkies by en skep in die voorbereide papierbakkies.
  5. Meng die maaskaas, orige suiker en orige eier saam tot goed gemeng. Voeg die haselneute by en skep oor die sjokoladebeslag in die muffinpannetjies. Marmer liggies deur.
  6. Bak 20-25 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom.
  7. Laat op ’n draadrakkie afkoel.
  8. VERSIERSEL Smeer elke kolwyntjie met die sjokoladesmeer en sprinkel die haselneute oor indien verkies.