Lewer 1 koek

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 45-55 minute

KORS

200 g fyn amandels of pekanneute

eierwit van 2 eiers

VULSEL

8 ekstragroot eiers

2 houers (230 g elk) roomkaas

2 houers (230 g elk) geroomde maaskaas

375 ml (1½ k) xylitol of Sugalite

250 ml (1 k) Griekse jogurt

10 ml (2 t) vanieljegeursel

gerasperde skil van 1 suurlemoen

sap van 1½ suurlemoen

vars vrugte soos aarbeie vir voorsit

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Smeer ’n 25 cm-veerklamppan.

  1. KORS Meng die amandels met die geklitste eierwit tot net aangeklam. Druk op die boom van die pan vas.
  2. VULSEL Klits die eiers effens. Voeg die res van die vulselbestandele by en meng goed.
  3. Giet in die voorbereide pan en bak 45-55 minute tot die koek net gaar is, maar steeds effe drillerig in die middel.
  4. Skakel die oond af en laat die koek in die oond afkoel.
  5. Plaas in die yskas en verkoel tot stewig. Sit voor met vars aarbeie of enige vrugte indien verkies.