Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 10 min.

Rus: 20 min.

Gaarmaak: 30 min.

25 g botter

1 groot prei, dun gesny

5 dun snye witbrood

75 g spek, gekap

150 g cheddar- en mozzarellakaas, gerasper

3 eiers, geklits

250 ml (1 k) melk

sout en swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ’n oondbak.

  1. Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte en braai die prei 5 min. Sny die brood in driehoeke en plaas die helfte van die driehoeke aan die onderkant van die bak.
  2. Strooi die helfte van die preirepies en die spek bo-oor. Bedek met van die kaas en pak die oorblywende brooddriehoeke bo-op.
  3. Klits die eiers en melk tot goed gemeng en geur met die sout en peper. Skink die eiermengsel eweredig oor die brood en strooi die res van die preirepies en spek bo-oor.
  4. Bedek en laat 20 min. staan, strooi nog kaas oor en bak 30 min. of tot opgepof en goudbruin.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers