Hierdie brood maak jy in 'n japtrap en jy kan dit voorsit saam met braaivleis of met ontbyt.

Lewer 1 brood

Bereiding: 20 min.

Baktyd: 60-70 min.

500 g bruismeel

5 ml (1 t) sout

3 ml (ruim ½t)

bakpoeier

1 blik (410 g) heelpitmielies, gedreineer

30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap

200 ml cheddarkaas, gerasper

500 ml (2 k)

karringmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan van 26 x 13 cm.

  1. Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Voeg die mielies, pietersielie, helfte van die kaas en die karringmelk by en roer liggies met ’n vurk.
  2. Skep in die voorbereide pan, sprinkel die orige kaas bo-op en bak 1 uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brood kom.