Lewer 31

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

4 x 250 ml meel

500 ml (2 k) bruismeel

10 ml (2 t) fyn kardemom

10 ml (2 t) fyn gemmer

10 ml (2 t) fyn kaneel

10 ml (2 t) anyssaad

80 ml (? k) suiker

10 g kitsgis

2,5 ml (½ t) sout

40 g botter

375 ml (1½ k) warm water

15 ml (1 e) olie

375 ml (1½ k) melk

1 eier

olie vir diepbraai

droë klapper vir bestrooi

Stroop

500 ml (2 k) suiker

500 ml (2 k) water

1 kaneelstok

  1. Meng die twee soorte meel met die speserye, suiker, gis en sout. Smelt die botter in warm water en meng die olie en melk in. Giet die mengsel by die droë bestanddele in en voeg die eier by.
  2. Meng deeglik om ’n sagte, gladde deeg te vorm. Laat rys sowat ’n uur op ’n warm plek. Sodra dit gerys het, bestuif ’n werkoppervlak liggies met meel, rol die deeg in ’n worsvorm op en sny in skywe van 2 cm. Sit eenkant sodat dit weer kan rys.
  3. Rek die skywe liggies om ’n ovaalvorm te vorm en diepbraai in matig warm olie tot goudbruin. Skep die koesisters met ’n gaatjieslepel en dreineer dit op ’n papierhanddoek.
  4. Stroop Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol en bring tot stadige kook terwyl jy roer om te sorg die suiker brand nie. Roer tot die suikerstroop effens taai word.
  5. Kook die koesisters 2 min. in die stroop en skep dit dan met ’n gaatjieslepel uit. Bestrooi met ’n bietjie van die droë klapper en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan