Tina Krause van Witbank het hierdie resep met ons gedeel.

Lewer 1 tert van 20 cm of 6-8 klein tertjies

Bereiding: 45 minute

Baktyd: 20 minute

TERT

2 groot eiers

125 ml (½ k) suiker

60 g botter

250 ml (1 k) warm melk

180 g koekmeel

12 ml (2½ t) bakpoeier

knippie sout

STROOP

90 ml (6 e) heuning

60 g botter

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n tert van 20 cm of ’n muffinpan met middelslag-holtes.

  1. TERT Verroom die eiers en suiker saam tot lig en romerig.
  2. Smelt die botter in die warm melk en hou eenkant om effens af te koel.
  3. Sif die droë bestanddele saam.
  4. Voeg die afgekoelde melk om die beurt met die droë bestanddele by die bottermengsel en meng goed.
  5. Skep in die voorbereide muffinpannetjies (driekwart vol) of die bak en bak 20 minute.
  6. STROOP Verhit die botter en heuning saam.
  7. Giet die warm heuningmengsel oor die tertjies of tert.