KOEK

120 g botter

2 groot eiers

250 ml (1 k) melk

125 ml (1/2 k) witsuiker

250 ml (1 k) bruismeel

Knippie sout

SOUS

250 g botter

125 ml (½ k) heuning

Heuningkoek (opsioneel)

VOORSIT

Room, vla of roomys

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n oondvaste bak of tertpan.

1 Klits die botter en voeg die eier en melk by. Klits die suiker stadig by.

2 Sif die meel en sout saam. Vou in by die bottermengsel en giet in die voorbereide bak.

3 Bak 40 minute tot goudbruin.

4 SOUS Smelt die botter en heuning saam.

5 Prik ‘n paar gaatjies in die warm koek en giet die sous oor. Laat afkoel. Stapel heuningkoek bo-op indien verkies.

6 Sit voor met room, vla of roomys.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

wenresep-logo-high-res

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.