Genoeg vir: 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

3 eiers, geskei

500 ml (2 k) strooisuiker

375 ml (1½ k) melk

80 ml (? k) meel

310 ml (1¼ k) lemoensap

30 ml (2 e) suurlemoensap

Skil van 1 suurlemoen

45 ml (3 e) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ses ramekins.

  1. Klits die eiergele en strooisuiker in ’n mengbak tot lig en donsig. Voeg die melk by en klits tot die suiker opgelos is.
  2. Voeg die meel by en meng tot glad. Meng die lemoensap, suurlemoensap, skil en gesmelte botter by.
  3. Klits die eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou dit in by die beslag – moenie dit roer nie.
  4. Skep die mengsel in die ramekins, plaas dit in ’n bain-marie (’n roosterpan half vol kookwater) en bak 30 min. of tot goudbruin.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander