Lewer sowat 32-36 stukke

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 50 minute (droog oornag uit)

500 g botter

500 ml (2 k) bruinsuiker

250 ml (1 k) droë klapper

250 ml (1 k) hawermout

500 ml (2 k) semels

4 x 250 ml (4 k) koekmeel

500 ml (2 k) Nutty Wheat-meel

60 ml (¼ k) bakpoeier

5 ml (1 t) sout

250 ml (1 k) vrugtekoekmengsel

500 ml (2 k) karringmelk

1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Spuit drie broodpanne met kleefwerende sproei of smeer dit met botter.

2 Plaas die botter en suiker in ’n groot mengbak en mikrogolf 5 minute of tot die botter gesmelt is.

3 Voeg die klapper, hawermout en semels by. Meng goed.

4 Sif die droë bestanddele saam, voeg dit by die bottermengsel en meng goed.

5 Voeg die oorblywende bestanddele by en meng om ’n slap deeg te vorm. Verdeel gelykop tussen die broodpanne. Bak 45-50 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom as dit in die middel ingesteek word.

6 Verlaag die oondtemperatuur tot 70 °C. Laat die deeg 10-15 minute afkoel en sny dit dan in vingers. Rangskik op ’n afkoelrak en sit weer in die oond om oornag uit te droog. Sit voor met koffie of tee.

Deur Magda Swart (wenner aangekondig in Huisgenoot van 4 Julie 2013)