Genoeg vir 6

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur

2 x 400 g broskorsdeeg

VULSEL

5 appels, geskil en gekap

4 naeltjies

1 kaneelstok

30 ml (2 e) strooisuiker

GLASUUR

1 eier, liggies geklits

15 ml (1 e) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n tertpan met botter.

  1. Vulsel Kook die appels, naeltjies, kaneel en strooisuiker in ’n kastrol 20 min. of tot sag, maar met die appelstukke steeds sigbaar. Voeg nog suiker by as die mengsel te suur is.
  2. Rol albei velle deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is, voer die tertpan met 1 vel deeg uit en blindbak 10 min. of tot goudbruin.
  3. Skep die appelvulsel in die deegdop, sny die oorblywende deeg in stukke en plaas oor die appels om soos krummels te lyk.
  4. Glasuur Verf die bokant van die tert met die eier en bak 30 min. of tot goudbruin. bestrooi met suiker terwyl dit nog warm is en sit voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan