GENOEG VIR 12 MENSE

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 45 minute

KOEK

250 ml (1 k) koekmeel

250 ml (1 k) suiker

10 ml (2 t) bakpoeier

1 ml (¼ t) sout

125 ml (½ k) olie

4 eiers, geskei

125 ml (½ k) kakao

125 ml (½ k) kookwater

STROOP

285 g (¾ van ’n 380 g-blik) ingedampte melk

125 ml (½ k) suiker

VERSIERSEL

95 g (¼ van ’n 380 g-blik) ingedampte melk

2 plakke (90 g elk) heelneut-sjokolade, in blokkies gebreek

Voorverhit die oond tot

180 °C. Smeer ’n oondroosterpan van 20 x 30 cm.

  1. KOEK Sif al die droë bestanddele saam. Klits die olie, eiergele, kakao en kookwater saam in ’n ander bak. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele, giet die geklitste bestanddele by en meng.
  2. Klits die eierwitte styf en vou by die beslag in. Giet in die roosterpan en bak 40-45 minute tot gaar. Laat effens afkoel en prik met ’n vurk.
  3. STROOP Verhit die ingedampte melk en suiker saam en giet oor die warm koek.
  4. VERSIERSEL Verhit die res van die ingedampte melk en die sjokolade saam en giet oor die koek. Laat stol.

Vir nog sjokoladeresepte: