LEWER 16 groterige stafies

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

750 ml (3 k) hawermout

125 ml (½ k) muesli

125 ml (½ k) bruinsuiker

60 ml (4 e) koekmeel

5 ml (1 t) koeksoda

knippie sout

10 ml (2 t) fyn kaneel

250 ml (1 k) droëappelkose, fyn gekap

125 ml (½ k) droëbosbessies of sultanas

125 ml (½ k) amandels of

pekanneute, grof gekap

20 ml (4 t) sesamsaad 20 ml (4 t) pampoensade 20 ml (4 t) sonneblomsade 125 ml (½ k) olie 2 eiers, geklits

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C en voer ’n koekpan van 24 cm x 18 cm met bakpapier uit.
  2. Meng al die bestanddele behalwe die olie en eiers in ’n groot mengbak.
  3. Klits die olie en eiers saam en roer by die res van die bestanddele.
  4. Skep die mengsel in die voorbereide koekpan en druk dit plat met die agterkant van ’n lepel.
  5. Bak 25 minute.
  6. Laat effens afkoel en sny in blokke. Skep uit en bêre dit in ’n lugdigte houer sodra dit heeltemal afgekoel het.