Lewer 12 muffins

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 18 minute

250 ml (1 k) bruismeel

250 ml (1 k) semelryke

bruismeel

3 ml (ruim ½ t) koeksoda

250 ml (1 k) hawermout

60 ml (¼ k) bruinsuiker

250 ml (1 k) dadels, gekap

1 eier

30 ml (2 e) olie

60 ml (¼ k) gouestroop of heuning

310 ml (1¼ k) vetvrye melk

vetvrye krummelrige maaskaas

of laervet-cheddarkaas vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer die holtes van ’n muffinpan of voer dit uit met papierbakkies.

  1. Sif die twee soorte meel en koeksoda saam in ’n groot mengbak. Voeg die hawermout, bruinsuiker en dadels by en meng liggies. Maak ’n holte in die middel.
  2. Klits die res van die bestanddele saam in ’n beker en voeg by die droë bestanddele. Meng liggies tot net gemeng en steeds effens klonterig.
  3. Skep in die muffinholtes en bak sowat 18 minute tot gaar. Laat 5 minute in die pan afkoel en keer uit op ’n draadrakkie.
  4. Sit voor met ’n goeie skep van die krummelrige maaskaas of laervet-cheddarkaas.