Lewer 1 middelslag-koek

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 4 minute

KOEK

60 g botter

125 g donkersjokolade, gekap

30 ml (2 e) Nutella

2 eiers, geklits

30 ml (2 e) suiker

125 ml (½ k) bruismeel

80 ml (¹/³ k) haselneute, gekap

VERSIERSEL

125 ml (½ k) Nutella

ekstra gekapte haselneute vir versiering

  • Smeer ’n vierkantige mikrogolfbak van 18 x 6 cm.

  1. KOEK Smelt die botter en sjokolade 1 minuut saam in ’n glasbak in die mikrogolfoond en roer elke 15 sekondes. Klop tot glad.
  2. Voeg die res van die koekbestanddele by en meng goed.
  3. Giet die beslag in die voorbereide bak en maak gelyk. Plaas die bak op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf 4 minute op hoog. Laat in die bak 10 minute afkoel en keer uit.
  4. VERSIERSEL Smeer die koek met die sjokoladesmeer en versier met ekstra haselneute.

WENK

  • Vryf so die haselneutskille af: Plaas die warm geroosterde neute op ’n vadoek en vryf die skilletjies af.