Lewer 9

Bereiding: 10 min.

Bak: 20 min.

125 ml (½ k) bruinsuiker

250 ml (1 k) gladde grondboontjiebotter

5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

250 ml (1 k) volkoringmeel

250 ml (1 k) gerolde hawermout

’n knippie sout

2 ml (½ t) bakpoeier

125 ml (½ k) volroommelk

80 ml (? k) sjokoladeskyfies

125 ml (½ k) rosyne

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakpan van 20 x 12 cm.
  2. Klits die suiker en grondboonbotter tot vaal. Meng die vanielje-ekstrak in.
  3. Klits die meel, hawermout, sout en bakpoeier in. Giet die melk stadig in en vou dit saam met die sjokoladeskyfies en rosyne in.
  4. Giet die beslag in die voorbereide pan en bak 20 minute of tot goudkleurig. Laat afkoel en sny in reghoeke.