Bereiding: 10 min.

Bak: 35 min.

Lewer 16 blokkies

250 ml (1 k) meel

2,5 ml (½ t) bakpoeier

1 ml (¼ t) koeksoda

’n knippie sout

125 ml (½ k) krakerige grondbonebotter

60 g botter

200 ml (¾ k) bruinsuiker

80 ml (? k) strooisuiker

2 eiers

5 ml (1 t) vanieljegeursel

125 ml (½ k) neute, gekap

125 ml (½ k) sjokoladeskyfies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n vierkantige bakpan met bakpapier uit en laat vou orige papier buiteom die rand van die pan.

  1. Meng die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n bak. Klits die grondbonebotter en botter in ’n ander bak tot glad. Voeg die suikers by en klits tot goed gemeng. Klits die eiers en vanielje in.
  2. Roer die meelmengsel by die bottermengsel in en voeg die neute en sjokolade by. Giet dit in die voorbereide pan en bak 35 min. of tot ’n steekpen skoon uitkom. Laat koel heeltemal af op ’n draadrak en sny dan in blokkies.

Deur Hope Malau