Lewer 70 stukke

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 4 min.

125 g botter

560 ml (2¼) donker bruinsuiker

125 ml (½ k) melk

500 ml (2 k) growwe grondbonebotter

2 ml (½ t) vanieljesaad

620 ml (2½ k) versiersuiker

  1. Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Roer die bruinsuiker en melk in en bring tot kookpunt. Laat kook 2 minute sonder om te roer.
  2. Verwyder van die hitte en roer die grondbonebotter en vanieljesaad in.
  3. Plaas die versiersuiker in ’n groot bak en giet die warm suikermengsel oor. Klop die mengsel met ’n houtlepel tot glad.
  4. Giet in ’n  20 cm vierkantige bakpan en sit eenkant om heeltemal af te koel. Verwyder uit die pan en sny die fudge met ’n skerp mes in vierkante. Bêre in ’n lugdigte houer.

Deur Hope Malau