1. Maak 1 pak (200 g) Mariebeskuitjies fyn en meng met 125 g gesmelte botter.
  2. Druk vas in ’n oondvaste bak van 28 x 20 cm. Verkoel tot gestol.
  3. Meng 1 x 385 g-blik kondensmelk en 125 g gladde grondboonbotter en smeer oor die kors.
  4. Strooi 160 ml ( k) elk maraschino-kersies en klapper eweredig oor.
  5. Druk vas. Bak 25 min. by 180 °C tot ligbruin. Laat afkoel.
  6. Smelt 400 g witsjokolade en meng 150 g gladde grondboonbotter by. Giet oor die vulsel.
  7. Smelt 150 g donkersjokolade en meng 60 g grondboonbotter daarby. Spuit oor witsjokolademengsel en marmer deur.
  8. Laat stol en sny in blokkies