LEWER 24 BLOKKIES

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 14-16 minute

500 g versiersuiker

50 g kakao

1 blik (385 g) kondensmelk

60 ml (¼ k) melk

50 g koue botter

100 g geroosterde gesoute grondboontjies

Bespuit ’n langwerpige diep bakplaat van 28 x 24 cm met kossproei.

  1. Plaas die suiker, kakao en kondensmelk in ’n mikrogolfvaste glasbak. Meng goed en voeg die melk en botter by. Mikrogolf 14 minute op volle krag. Roer elke 2 minute.
  2. Klop die warm mengsel tot glad en tot dit begin verdik. Roer die grondbone by en giet in die uitgevoerde bak. Maak gelyk en verkoel 20 minute of tot gestol. Sny in blokkies.