1 ciabatta

olyfolie

2 knoffelhuisies, geskil

200 g halloumikaas-skywe

15 ml (1 e) droë origanum

hand vol vars basilieblare

10 olywe, ontpit en gehalveer

3 geel en/of rooi soetrissies, gerooster en ontvel

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Sny die ciabatta oop en bedruip met olie. Oondrooster 10 minute. Vryf met knoffel.
  2. Geur die halloumi met die origanum en braai in ’n bietjie verhitte olie tot goudbruin.
  3. Pak die basilie op die een helfte van die brood, gevolg deur die olywe, soetrissies en halloumi.
  4. Maak die ciabatta toe en sny in stukke.
  5. Sit dadelik voor, anders word die halloumi taai.