Genoeg vir 6 mense.

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 40 minute

Kors

30 ml (2 e) strooisuiker

125 ml (½ k) meel

40 g botter

50 g neutsplinters

skil van 1 lemoen

Koek

375 ml (1½ k) versiersuiker

125 ml (½ k) meel

5 ml (1 t) fyn kaneel

100 g gemaalde neute

185 g botter, gesmelt

6 eierwitte

2 x 115 g grenadellamoes

15 ml (1 e) strooisuiker

1. Kors Meng die suiker en die meel deeglik. Vryf die botter met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Meng die neutsplinters en lemoenskil by.

2. Voorverhit oond tot 180 °C. Smeer ’n vierkantige koekplaat met olie en voer uit met bakpapier. Koek Sif die suiker, meel, kaneel en neute in ’n bak.

3. Roer die botter en eierwitte in tot goed gemeng. Skep die beslag in ’n pan, strooi die helfte van krummels oor, dan die grenadellamoes en dan weer krummels. Strooi laastens die suiker oor en bak 40 minute of tot gaar.

- Hope Malau