GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 30 min.

100 g botter, gesmelt

80 ml (1/3 k) suurroom

375 ml (1½ k) suiker

2 eiers

375 ml (1½ k) meel, gesif

’n knippie sout

5 ml (1 t) vanieljegeursel

80 ml (1/3 k) grenadellapulp

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbord.

  1. Meng die botter, suurroom en suiker. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy meng.
  2. Voeg die meel, sout en vanieljegeursel by. Meng goed en giet in die bereide tertbord. Bak 30 min. tot goudbruin.
  3. Laat die koek 1 uur afkoel. Bedruip met die grenadellapulp en sit voor.

Deur Hope Malau

Stilering: Esther Malan