Lewer 2 koekbrode

Bereiding: 15 minute

Baktyd: 50 minute

BRODE

225 g margarien

310 ml (1¼ k)

strooisuiker

3 groot eiers

60 ml (¼ k) mielieblom

560 ml (2¼ k)

koekmeel

15 ml (1 e) bakpoeier

knippie sout

125 ml (½ k) water

of melk

115 g grenadellamoes

VERSIERSEL

versiersuiker

10 ml (2 t) orige grenadella-moes

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee broodpanne van 21 x 11 cm.

  1. Brode Verroom die margarien en strooisuiker tot lig en romerig. Klits die eiers by.
  2. Sif die droë bestanddele saam en vouomdie beurt met die water of melk by die eiermengsel in.
  3. Hou 10 ml (2 t) van die grenadellamoes eenkant en roer die res by die beslag. Skep in die koekpanne.
  4. Bak 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die brode kom. Keer uit en laat afkoel.
  5. Versiersel Maak die versiersuiker met die grenadellamoes aan tot dit ’n loperige tekstuur het en skep oor die brode