1 suurdeeg-rogbrood

1 blik (170 g) tuna, gedreineer

60 ml (¼ k) mayonnaise

6 stingeluie, gekap

8 songedroogde tamaties, gekap

100 g mozzarellakaas, gerasper

olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Sny skywe in die brood sonder om deur die onderste kors te sny. Herhaal die skywe dwarsoor. Meng die tuna en mayonnaise en stop die brood tussen die gleuwe.
  2. Verspei die stingeluie, tamaties en kaas tussen die gleuwe en sprinkel met die olie. Oondbak 10-15 minute.
  3. Sit voor saam met vars basilie.