Lewer 9

Bereiding: 30 min.

Verkoel: 3 uur

Bak: 15 min.

250 g sjokoladekoekies

125 g botter, gesmelt

120 g droë bosbessies of rosyntjies

VULSEL

50 g botter, gekap

60 ml (¼ k) bruinsuiker

1 x 385 g-blikkie kondensmelk

BOLAAG

250 g melksjokolade, gekap

80 ml (? k) dik room

  1. Besmeer ’n 4 x 19 cm vierkantige bakpan met olie. Voer die bodem en kante uit met bakpapier en laat dit oor die rand aan alle kante hang.
  2. Maal die koekies fyn in ’n menger tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die gesmelte botter by. Meng goed. Druk die mengsel met die agterkant van ’n metaallepel oor die bodem van die bereide pan. Plaas ’n kwartier in die koelkas.
  3. Rangskik die bosbessies of rosyntjies op die koekiemengsel.
  4. Vulsel: Verhit die gekapte botter, suiker en kondensmelk in ’n kastrol oor matig lae hitte, roer sowat 10 minute gedurig om te verhoed dat dit vassit of tot die mengsel dik en goudbruin is. Gooi die bosbessies of rosyntjies oor. Gebruik die agterkant van die lepel om die bolaag glad te maak. Plaas 10 minute in koelkas.
  5. Bolaag: Sit die sjokolade en room in ’n mikrogolfvaste bakkie en mikrogolf 30 sekondes tot een minuut op 100-persent-krag , roer ’n keer of wat met ’n metaallepel of tot die mengsel glad is.
  6. Smeer die sjokolademengsel oor die afgekoelde vulsel. Bedek en plaas drie uur in die koelkas of tot dit stol. Sny in stukke.

 Deur: Hope Malau

Foto: Jacques Stander