Laekoolhidraatsjokolade-amandelkoek

Lewer 2 kleinerige

koekbroodjies van

10 snytjies elk

Bereiding: 20 min.

Bak: 30 min.

400 g eiervrug, geprik met ’n vurk

400 g donkersjokolade (70%-kakao), in stukkies gebreek

50 g kakao van goeie gehalte

60 g gemaalde amandels

3 eiers

200 g rou heuning

10 ml (2 t) glutenvrye bakpoeier

2 ml (½ t) seesout

10 ml (2 t) brandewyn

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Smeer twee klein broodpannetjies of ’n losboom-koekpan (23 x 7 cm) met olie en bestuif met kakao.
  2. Mikrogolf die eiervrug sowat 15 min. of tot heeltemal sag. Puree in die voedselverwerker tot glad.
  3. Voeg die sjokolade by die eiervrug in die bak en meng tot die sjokolade gesmelt het.
  4. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
  5. Giet in die voorbereide pan(ne) en bak 30 min.
  6. Laat 15 minute afkoel in die pan(ne) en keer dan op ’n draadrakkie uit. Laat afkoel.
  7. Sif kakao oor voor jy dit voorsit.