Genoeg vir 6

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: Sowat 25 min.

400 g broskorsdeeg

600 g babatamaties, half gehalveer

30 ml (2 e) balsemieke glasuur

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) olyfolie

100 g spekvleis

1 rooi ui, in skywe gesny

150 g ontpitte olywe

parmesaankaas, skaafsels

’n hand vol vars basilieblare

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n reghoekige veerpan.

  1. Voer die pan met die deeg uit en sny rante wat oorhang af. Sit bakpapier oor die deeg en vul met rys of droë bone. Bake 10 minute. Haal die papier en rys of bone uit en bak 5 minute of tot die deeg goudkleurig is.
  2. Meng die tamaties, balsemieke glasuur, sout en paper in ’n bak en laat marineer 10 minute.
  3. Verhit die olie in ’n kastrol en braai die spekvleis 5 minute. Voeg die uie by en soteer tot deurskynend.
  4. Meng die tamatiemarinade en spekvleismengsel en voeg die olywe by. Skep die mengsel in die deegkors en bak 8-10 minute of tot die heel tamaties begin bars. Bedek die tert met kaas en vars basilie.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander