Dalk die geur van kaneel, of dalk wonderlike herinneringe aan gesellige familiekuiers. Of hoe jy kleintyd om aan Ouma se voorskootpante vasgehou het terwyl sy die een geurige melktert ná die ander uit die pan laat gly.

Melktert is so eg Suid-Afrikaans soos biltong en beskuit, rugby en oop ruimtes. Dis in jou gene; dis deel van jou grootwordherinneringe.

Lees ook: Local is lekker, bewys SA sjef wat in Frankryk Michelin-ster kry

Op haar blog vertel Huiskok meer oor die wonderlike melktert:

“Melktert se stamboomwortels strek terug tot by die Romeine, pioniers van die eiervla. In die Middeleeue moes vindingryke kokke maniere bekook om die streng kerkreëls te omseil wat suiwelprodukte op vasdae verbied het. So het amandelpap – van amandelmelk en gegeur met gemmer en kaneel – ontstaan. Toe die vasreëls verslap word, het eiervla weer sy buiging gemaak, hierdie keer in ’n triomfantelike skilfer- of broskors. Selfs die tradisie om kaneel of kaneelsuiker oor te strooi, kom uit dié era.”

• Die tydskrif Weg! was die meesterbrein agter die stigting van Nasionale Melktertdag op 27 Februarie en vandag vier ons dit te hartlik saam.

[post-slider]

Lees ook op Huisgenoot.com:

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80

Gestresde pa’s ‘dra risiko vir diabetes oor aan nasate’

Gewilde sanger pak nare gewoonte om op jou selfoon te wees terwyl jy bestuur in musiekvideo