Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 15-20 minute

Kors

1 pak (200 g) Tennisbeskuitjies,

fyngedruk

125 g margarien, gesmelt

Vulsel

1 blik (360 g) karamelkondensmelk

25 ml (5 t) ingelegde gemmer, fyngekap

125 ml gemmerstroop 10 ml (2 t) gelatien 85 ml (ruim 1/3 k) koue water 1 blik (410 g) ingedampte melk, oornag verkoel 4 stukkies ingelegde gemmer vir versiering, gekap

  1. Smeer ’n tertbord met botter.
  2. Kors Meng die beskuitjies en margarien saam en druk vas in die tertbord.
  3. Vulsel Meng die karamelkondensmelk, gemmer en stroop saam en hou eenkant tot benodig.
  4. Spons die gelatien in die water. Mikrogolf dit ’n paar sekondes tot dit gesmelt is, maar moet dit nie laat kook nie.
  5. Klits die ingedampte melk by tot stywe punte vorm. Vou in by die karamelkondensmelkmengsel.
  6. Meng ’n bietjie van die kondensmelkmengsel met die gesmelte gelatien en vou die gelatine dan liggies by die res van die karamelmengsel in. Skep in die tertkors.
  7. Verkoel tot gestol en versier met skyfies ingelegde gemmer.