Lewer 8 skons

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min.

200 g fyn amandels

500 ml (2 k) meel

30 ml (2 e) strooisuiker

2,5 ml (½ t) koeksoda

10 ml (2 t) bakpoeier

2,5 ml (½ t) sout

125 g harde botter, gerasper

1 eier

250 ml (1 k) karringmelk

2,5 ml (½ t) vanielje-ekstrak

15 ml (1 e) gemmerpiekels, gekap

60 g amandelvlokkies

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Klits die fyn amandels, meel, suiker, koeksoda, bakpoeier en sout saam in ’n groot bak. Meng die gerasperde botter met ’n vurk in.
  2. Klop die eier, karringmelk, vanielje-ekstrak en gemmer in ’n aparte bak saam. Voeg by die droë bestanddele en meng liggies met ’n vurk. Sodra dit soos ’n ruwe deeg lyk, keer uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Knie 5 min. of tot die deeg in ’n bal bymekaarkom. Plaas op ’n voorbereide bakplaat.
  3. Maak die deeg in ’n sirkel plat en sny in 8 driehoeke terwyl jy die sirkel heel los. Bestrooi met die amandelvlokkies en bak 30 min. of tot goudbruin. Sit warm of koud voor met konfyt.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan