Lewer 15-20 rolletjies

Bereiding: 20-30 minute

Baktyd: 8-10 minute

90 g botter

80 ml (¹/³ k) suiker

160 ml (²/³ k) gouestroop

sap van ½ suurlemoen

180 ml (¾ k) koekmeel

5 ml (1 t) fyn gemmer

30 ml (2 e) brandewyn

200 ml room, styf geklits

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n groot bakplaat deeglik met botter.

gemmer2

  1. Smelt die botter, suiker, stroop en suurlemoensap saam in ’n kastrol oor matige hitte.
  2. Verwyder van die hitte en klits die meel, gemmer en brandewyn by. Laat die mengsel heeltemal afkoel. Drup teelepels vol van die mengsel op die bakplaat. Laat ’n ruimte van 10 cm tussen elke hopie, want die mengsel loop plat. Bak 8-10 minute of tot goudbruin. Skakel die oond af en maak die deur oop.
  3. Smeer ’n houtlepel se steel deeglik met botter. Lig een koekie op ’n slag met ’n eierspaan en draai dit om die houtlepel-steel. Laat gly dit van die steel af en laat dit op ’n afkoelrak afkoel. Herhaal die proses tot al die koekies gerol is. Vul die rolletjies met die room net voor dit voorgesit word.

WENK

Hou die koekies in die oond voor jy dit rol om te verseker dat dit warm bly en nie hard word nie.