Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Baktyd: 50 minute

200 g dadels, ontpit

5 ml (1 t) koeksoda

250 ml (1 k) kookwater

75 g botter

175 g bruinsuiker

2 ml (½ t) fyn gemmer

3 eiers

225 g bruismeel

3 stukke geglasuurde gemmer, gekap

KARAMELSTROOP

100 g strooisuiker

30 g botter

125 ml (½ k) dubbelroom

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 15 x 8 x 5 cm-broodpan.

2 Plaas die dadels in ’n bak met die koeksoda en kookwater.

3 Klits die botter en suiker saam in ’n groot mengbak tot liggeel. Voeg die fyn gemmer by. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elkeen.

4 Voeg die meel by en giet dan die dadels met hul weekvloeistof daarby en roer om goed te meng. Strooi die gemmerstukke bo-op en giet in die broodpan.

5 Bak 50 minute of tot ’n pen skoon uit die middel kom. Laat afkoel.

6 Karamelstroop Verhit die suiker drie minute in ’n klein kastrol oor matige hitte of tot dit begin goudkleurig word. Voeg die botter by en roer tot gesmelt. Giet die room by en roer tot glad en effens verdik. Skep oor die afgekoelde gemmerbrood.

- Hope Malau