Annatjie Snyman van Windhoek het hierdie resep met ons gedeel.

LEWER 1 TERT VAN 23 CM

Bereiding: 40 minute

Baktyd: 30 minute

TERT

150 g vrugtekoekmengsel

25 g botter

50 g dadels, gekap

75 g ingemaakte gemmer, gekap

5 ml (1 t) fyn gemmer

5 ml (1 t) koeksoda

180 ml (¾ k) melk

1 eier

140 g koekmeel

knippie sout

5 ml (1 t) bakpoeier

STROOP

500 ml (2 k) water

125 ml (½ k) suiker

30 g botter

80 ml (¹/³ k) brandewyn

geklitste room, roomys of vla vir voorsit

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer ’n vierkantige pan van 23 cm.

  1. TERT Plaas die vrugtemengsel, botter, dadels en ingemaakte en fyn gemmer in ’n kastrol en verhit tot die botter gesmelt het. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
  2. Los die koeksoda in die melk op, voeg die eier by en meng goed.
  3. Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
  4. Voeg die meel en die melkmengsel om die beurt by die vrugtemengsel en meng goed.
  5. Skep in die tertpan en bak 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom.
  6. STROOP Kook die water, suiker en botter 2-3 minute saam tot stroperig.
  7. Verwyder van die hitte, voeg die brandewyn by en giet oor die warm gemmertert sodra dit uit die oond kom.
  8. Sit voor met geklitste room, roomys of vla.