Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 1 uur 30 min

4 eierwitte

250 ml (1 k) strooisuiker

10 ml (2 t) mieliemeelblom

5 ml (1 t) witwynasyn

2,5 ml (½ t) vanieljegeursel

gemengde vrugte vir voorsit

Suurlemoensmeer

3 eiers

250 ml (1 k) strooisuiker

60 ml (¼ k) suurlemoensap

60 g botter

1 suurlemoenskil

Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Teken ’n sirkel van 16 cm op die bakpapier. Klits eierwitte tot skuimerig. Voeg dan stadig die suiker by terwyl jy klits tot ferm, blink punte vorm.
  2. Sif die mieliemeelblom in die geklitste eierwitte in, voeg die asyn en vanielje by, en vou tot goed gemeng. Stapel die meringue in die getekende sirkel op en maak sagkens glad bo. Bak 1½ uur in die oond.
  3. Skakel die oond af met die meringue steeds binne en laat 30 minute afkoel.
  4. Suurlemoensmeer: Klits die eiers, suiker en suurlemoensap oor ’n dubbelkoker pruttende water tot dik.
  5. Voeg die botter in tot alles goed gemeng is, meng die skil in en bedek 1 uur met kleefplastiek.
  6. Sit die meringue op ’n bord neer en bedek met die suurlemoensmeer en gemengde vrugte.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers